
=====================================================================
'Kom ons lees en laat lees' (AV 7:2)
=====================================================================

Inhoudsoorsig

'Kom ons lees en laat lees'

Die Wrelddag van die Boek is op 13 April. Adinda Vermaak pleit vir Afrikaanssprekendes se betrokkenheid by die bevordering van 'n 
leeskultuur.

DIE Franse skrywer Paul Hazard het kinders se versugting s omskryf: "Gee ons boeke! Gee ons vlerke!"

Iemand met boeke is nooit eensaam nie en, kan 'n mens byvoeg, nooit verveeld en gewoonlik ook nie vervelig nie.

Waarom sit ons dan nie almal met ons neuse in boeke nie?

Die redes is bekend. Kos op die tafel en skoolgeld is vir Suid-Afrikaanse ouers belangriker as 'n (duur) boek. Die oorgrote meerderheid 
ouers het boonop self grootgeword in boekarm huise. Verder moet boeke deesdae meeding met die TV en die rekenaar wat tyd en aandag opslurp. 
Dan skyn die son ook gans te veel! Liewer 'n middag buite as om te l en lees. En 'n laaste argument van baie ouers: dis die skool se werk 
om my kind lief te maak vir lees.

Daar is ook die siening van leestrae ouers n regeringsmense dat as alle leerders in Suid-Afrika 'n handboek in die hand het, hulle mos 
druit kan lees. Maar, soos Jay Heale, voorsitter van die SA Children's Book Forum, dit stel: "Geen handboek het enige kind nog ooit lief 
gemaak vir lees nie." Handboeke gee nie vlerke nie, eerder loodvoete.

Handboeke kan jou help om 'n toets deur te kom, maar dit maak nie van jou 'n wenner nie. S nou net ons kan die Amerikaanse skrywer Kurt 
Vonnegut se voorgestelde toets vir skoolrade hier toepas. Elke kandidaat word gekoppel aan 'n leuenverklikker en moet antwoord op die vraag 
of hy of sy n universiteit of skool enige boek van voor tot agter deurgelees het. Dink net: ons sal 'n renaissance in ons skole beleef nog 
vr die jaar 2005 as ons vir almal wat te doen het met die opvoeding en grootmaak van kinders, kan vra: "Het jy onlangs 'n goeie boek 
gelees? Kan ek na jou boekrak kom kyk?"

Ons sal ook nie meer briewe in die koerant hoef te lees van mense wat kla oor die miskenning van Afrikaans nie, want di knorpotte sal te 
besig wees om hulle nuwe Afrikaanse boeke te lees en by ander aan te beveel.

Navorsing deur die Suid-Afrikaanse READ-organisasie het bevind dat die lees-en skryfvaardighede van graad 7-leerders in skole met 
leesprogramme wat leerders aanmoedig om vrywillig te lees, gemiddeld twee jaar vr ander soortgelyke skole is waar die leerders ni 
gereeld storieboeke lees nie.

Nog nie oortuig nie? In 'n studie in 1996 aan die Universiteit van Stockholm oor "Quality schooling with limited resources" is bevind dat 
die beskikbaarheid van biblioteke in China, Hongarye en Korea direk verband hou met 'n skool se ho punte in internasionale kompetisies in 
wiskunde en wetenskap.

Ons weet almal 'n nuwe klaskamer, heel skoolbanke, minder kinders in 'n klas, handboeke en skryfboeke vir elke kind sal 'n lui onderwyser 
nie verander in 'n flukse onderwyser nie. Die oplossing? Ons moet liewer sorg dat die kinders storieboeke in hul hande het om daardeur 
onafhanklike lewenslange lesers en leerders te kan word.

Maar die bekamping van misdaad en geweld moet ons eerste prioriteit wees! Lees is tog net vir die bevoorregtes, vir di wat tyd en geld het 
vir boeke. Boeke is laag op die prioriteitslys; koop eerder rekenaars! Dink weer.

'n Storie leer ons om krities te dink en gee ons 'n oop gemoed. Dit help ons om nie alles in swart en wit te sien nie  so belangrik in 
Suid-Afrika. Dit leer ons dat die lewe oneindig ingewikkeld is. Dit laat ons saam met die skrywer opnuut kyk na die wreld. Veral na Suid-
Afrika.

Boeke is brugbouers. Mense wat destyds Die swerfjare van Poppie Nongena van Elsa Joubert gelees het, kon nie daarn s, "Maar ek het nie 
geweet nie." Lesers van A.H.M Scholtz se wonderlike boeke voel: Ons sit nou almal saam Langsaan die vuur, en di wat Peter Snijders se 
gedigte lees, weet ons is almal Ordinary mens(e).

Die bekende "Hooked on Books" studie in 'n verbeterskool in Michigan in Amerika het bewys dat di seuns wat aangemoedig is om te lees  
enigiets: tydskrifte, reeksboeke, comics  se lees- en skryfvaardighede n twee jaar met drie graadvlakke verhoog het. Hulle selfbeeld en 
houding teenoor die skool het ook verbeter in skrille kontras met die seuns wat ni aan die program deelgeneem het nie.

Die Russiese kinderboekskrywer Albert Lichanov het ges: "As ek slegte mense tekom, dink ek altyd hulle is seker mense wat min goeie boeke 
as kinders gelees het, wat min goeie films gesien het en wat nie 'n ouma gehad het wat vir hulle sprokies vertel het nie."

Boeke is vir 'n kindjie net so nodig soos moedersmelk. En geen TV-kinderprogram  hoe "opvoedkundig" ook al  kan die plek inneem van 'n ma 
f 'n pa wat 'n boek oopmaak en die towerwoorde, "Eendag, lank, lank gelede  " begin lees nie.

Op Donderdag 13 April vier Suid-Afrika ook die Wrelddag van die Boek. Ons durf nie hande gevou sit en apaties toelaat dat dit by ons 
verbygaan of dat die klem net op Engelse boeke val nie.

Noudat dit duidelik geword het dat ons Afrikaanssprekendes ons hande uit die mou moet steek, moet ons besef dat ons ook hand in die sak sal 
moet steek en slf Afrikaanse boeke moet koop. ('n Afrikaanse jeugboek is nie veel duurder as 'n hamburger-en-tjips-en-Coke nie!) En dan 
moet ons ook verder dink as ons eie kinders. Wat van die kinders van die vrou of die man wat vir ons werk? Hulle het nuwe, kraakvars 
lekkerleesboeke in Afrikaans selfs nog nodiger! Die mees leestrae kind sal Francois Bloemhof se boeke in die Riller reeks nie kan neersit 
voor hy (dis gewoonlik 'n hy) nie weet wat met Die vrou met die pers oog of in daardie onheilspellende klaskamer, Kamer 13, gebeur het nie. 
En watter meisie sal nie verlore wil raak in een van Human & Rousseau se boeke in die Eerste Liefde reeks nie? Afrikaanse jeugverhale kan 
kers vashou by die bestes op die wreldmark  dit moet net in ons kinders se hande beland.

Wat kan elke ouer doen? Voorlees bly steeds die beste aansporing tot selflees. En moenie rympies en gedigte vergeet nie!

* Wees 'n rolmodel: lees self boeke en gesels daaroor.
* Gee boeke as verjaardagpresente  of dan boekkoopbewyse.
* Sit soms die TV af en sit as gesin saam en lees  en praat daarna daaroor!

Dink 'n bietjie terug: wie kan nog die geskiedenis of aardrykskunde van standerd 4 of 5 onthou? Maar 'n mens kan onthou watter storie jou 
ma of jou onderwyser voorgelees het. Kom ons gun ons kinders dieselfde herinneringe! Adinda Vermaak is adviseur: Kurrikulumbronne van 
EDULIS (die akroniem vir: Onderwysbiblioteek- en Inligtingsdiens) van die Wes-Kaapse Onderwysdepartement.

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av725.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999, 2000       Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- April 2000 /// Gee kans! Afrikaans se saak groei wreldwyd (AV 7:2) /// 
Trust het miljoene geskenk (AV 7:2) /// Kursus in Afrikaans (AV 7:2) /// Limeriek I (AV 7:2) /// 'Kom ons lees en laat lees' (AV 7:2) /// 
Limeriek II (AV 7:2) /// Vroeg in nuwe eeu (hoofartikel) (AV 7:2) /// In memoriam Ds. Flip van der Westhuizen (AV 7:2) /// Sebrastrepe s 
hul s vir Afrikaans (AV 7:2) /// Oor Afrikaans klap woord en weerwoord (AV 7:2) /// Tyd van liefh het aangebreek (AV 7:2) /// Man met 
swart baret se woorde rinkink (AV 7:2) /// 'Losing my religion' (AV 7:2) /// Taalslordigheid berokken skade (AV 7:2) /// Limeriek III (AV 
7:2) /// 'Etse! Tjeend gaan met grrawater uit!' (AV 7:2) /// Dans uit vergange se dae (AV 7:2) /// Nergensland (AV 7:2) /// Nag vol 
feeste! (AV 7:2) /// Duitser berig in Afrikaans uit Europa (AV 7:2) /// Staande ovasie vir Afrikaans (AV 7:2) /// Duitse toewyding 
toegespits op Afrikaans (AV 7:2) /// Ambassade reik kosbare CD uit (AV 7:2) /// 'Bubbelbad' borrel (AV 7:2) /// Waar's daai gogga? (AV 7:2) 
/// Wind van voor is niks nuuts nie (AV 7:2) /// Afrikaans en die jeug (AV 7:2) /// Hoe praat jy met tieners? (AV 7:2) /// Onthou om nie te 
vergeet nie (AV 7:2)

